KuriAmé Teenveroudering Velsorgreeks

Teenveroudering Velsorgreeks Bewaar skoonheid op ’n natuurlike wyse.

Na jarelange navorsing en wetenskaplike ontwikkeling rondom die kragtige teenverouderingseienskappe van die aalwyn, tesame met die omkeer-voordele van Hydrolite® 5, is KuriAmé gebore.

KuriAmé is ‘n unieke teenveroudering velsorgreeks saamgestel uit natuurlike aalwynsap as basis en verweef met indrukwekkende aktiewe bestanddele. Hierdie bestanddele het gelei tot ‘n deurbraak op die gebied van teen-veroudering in velsorg. Navorsing, met kliniese toetse, het bewys dat hierdie bestanddele plooie verminder asook die algemene toestand van die vel verbeter.

Nie net is die KuriAmé produkreeks ideaal vir velle wat blootgestel word aan die Afrika-son nie, maar die uitmuntende samestelling daarvan posisioneer die reeks om ‘n mededinger vir van die wêreld se beste teenveroudering handelsmerke te word.

Deur die KuriAmé Way te volg kan jy jou skoonheid op ’n natuurlike wyse bewaar, in pas met die ritme van die natuur.

STAP 1

Purify

AMÉ CLEANSE

Maak jou gesig en nek effens nat. Spuit ‘n klein hoeveelheid Amé Cleanse op die palm van jou hand en gebruik jou vingers om die produk in sirkelbewegings oor die gesig en nek-area te masseer. Spoel met skoon louwarm water en droog sagkens. Gebruik twee maal per dag.

Die beste resultate sal verkry word indien Amé Cleanse opgevolg word met Toning Elixir en Aloe Plasm +. Bevog eers met Rejuvi Serum en daarna met Ré Activer.

STAP 2

Reset

TONING ELIXIR

Na reiniging, spuit Toning Elixir op ‘n stukkie watte en vee liggies oor die gesig en nek.
Maak seker dat jy die delikate area rondom die oë vermy. Gebruik twee maal per dag.

Die beste resultate sal verkry word indien die produk gebruik word na Amé Cleanse en opgevolg word met Aloe Plasm+. Bevogtig eers met behulp van Rejuvi Serum en daarna me Ré Activer.

STAP 3

Energise

ALOE PLASM+

Na Toning Elixir aangewend is, smeer ‘n dun lagie Aloe Plasm+ oor die hele gesig en nek. Gebruik twee maal per dag.

Aloe Plasm+ kan enige tyd van die dag weer aangesmeer word om moeë vel te verfris. Die beste resultate sal verkry word indien dit opgevolg word met Rejuvi Serum en Ré Activer.

STAP 4

Re-animate

REJUVI SERUM

Smeer ‘n baie dun lagie Rejuvi Serum oor die gesig en nek twee maal per dag. Wees versigtig vir die area rondom die oog.

Die beste resultate sal verkry word indien dit gebruik word na Aloe Plasm + en opgevolg word met Ré Activer.

STAP 5

Moisturise

RÉ ACTIVER

Masseer ‘n klein hoeveelheid liggies oor die hele gesig en nek in opwaartse bewegings. Gebruik twee maal per dag.

Die beste resultate sal verkry word indien dit na Rejuvi Serum aangewend word, as deel van die KuriAmé Way. Maak seker Rejuvi Serum is heeltemal geabsorbeer voordat Ré Activer aangewend word.

Ons reeks aalwyn produkte

Die kragtige genesende elemente in KuriAmé se velsorgreeks kan wonderwerke vir jou vel ontsluit. Kies uit ons reeks produkte hieronder:

SPESIALE AANBOD (koop die stel en spaar)