KuriAmé Teenveroudering Velsorgreeks met Aalwyn

Draai die tyd terug op verouderende vel!

Met KuriAmé se aalwyn teenveroudering velsorgreeks is dit moontlik vir elke man en vrou om die tyd terug te draai en hul skoonheid op ’n natuurlike wyse te bewaar.

Aloe_538

Hoe werk die KuriAmé teenveroudering velsorgreeks?

Die Afrika-klimaat stel ons velle bloot aan uitermatige temperature, ’n fel son, wind en besoedeling. Al hierdie elemente dra by om jou vel uit te droog en te verniel. ’n Droë vel lyk nie net onegalig en saamgetrek op die oppervlak nie, maar dit kan ook lei tot versnelde veroudering op ‘n sellulêre vlak as gevolg van die verlies van vog en soepelheid.

Die KuriAmé teenveroudering velsorgreeks is saamgestel uit aktiewe teenveroudering bestanddele wat geformuleer is om die gevolge van die onvergeeflike Afrika-klimaat te bekamp. Met verloop van tyd sal KuriAmé jou vel jonger, stralend, gevoed en gladder laat.

Aloe-Vera

Teenveroudering velsorg met drie keer meer vel vernuwingskrag

Die KuriAmé teenveroudering velsorgreeks het drie keer meer vernuwingskrag danksy die samestelling van verskeie kragtige Bio-Aktiewe bestanddele. Die bestanddele werk saam met die natuurlike prosesse van die vel, sodoende word beter resultate verkry.

Een so bestanddeel is Hydrolite®5 wat verseker die biobeskikbaarheid van elke bestanddeel word verhoog.

Aloe Ferox, die produksie-maatskappy vir KuriAmé, het jare lange navorsing gedoen om die meganismes van vel vernuwing en veroudering op ‘n sellulêre vlak te bestudeer. En vandag getuig KuriAmé van hierdie navorsing.

plants - aloe vera

Die KuriAmé teenveroudering wonderwerk: Natuurlike Afrika flora

Die merkwaardige KuriAmé teenveroudering velsorgreeks kombineer innovering met die beste navorsing en tegnologiese vooruitgang wat vandag beskikbaar is. KuriAmé gebruik as basis natuurlike bestanddele uit Afrika flora, die aalwyn, wat in eie reg ’n wonderproduk van die skepping is.

By KuriAmé weet ons die vraag na hoëgehalte-velsorgprodukte – wat regtig werk – slegs sal groei. Daarom verbind ons onsself tot voortdurende teenveroudering navorsing, velsorg-ontwikkeling en produk-innovasie. KuriAmé verbeter nie net die gesondheid van die vel deur met die natuurlike prosesse te werk nie, maar vertraag ook die aanvang van vel-veroudering aansienlik.

Dit beteken dat dit nooit te vroeg is om behoorlik na jou vel om te sien nie. Navorsing toon dat die regte leefstyl-keuses, insluitend die beperking van oormatige blootstelling aan die son, belangrike keuses is wat reeds vanaf ‘n baie jong ouderdom gemaak moet word. Oormatige blootstelling aan UV vanaf ‘n vroeë ouderdom berokken skade aan die kollageen en elastien en veroorsaak voortydige veroudering van die vel.

Maak die regte keuse vandag, kies KuriAmé!

Die KuriAmé Way

Deur die KuriAmé Way te volg kan jy jou skoonheid op ’n natuurlike wyse bewaar, in pas met die ritme van die natuur.

Ontstaan uit die natuur, Vry van tradisionele preserveermiddels, Gegeur met natuurlike roosolie, Alkohol-vry, Komedogenies-vry, Veilig vir die omgewing, Ontwerp vir die Afrika klimaat, Ideaal vir ‘n sensitiewe vel.