Nourishing Body Resilience

Ten spyte daarvan dat ons hande die deel van die liggaam is wat die meeste blootgestel word aan elemente van buite, is dit ongelukkig die mees verwaarloosde wanneer dit by daaglikse velsorg kom. Hydra Touch is ’n intens bevogtende, teenveroudering handeroom wat jou hande jonger kan laat lyk, en help om dit so te hou. Hydra Touch bevat natuurlike aalwynsap asook ‘n wetenskaplike formulering van gevorderde vel-verrykende bestanddele soos Hydrolite® 5. Die bestanddele maak vinnige absorpsie, diep penetrasie en beskerming van jou hande moontlik. Hande voel gevoed, uiters sag en elasties. Hydra Touch is gegeur met natuurlike roosolie wat jou hande skoon en roosgeurig vars sal laat ruik.