Day & Night Moisturiser

Die Afrika-klimaat stel ons velle bloot aan uitermatige temperature, ’n skel son, wind en besoedeling, en al hierdie elemente kan bydra om jou vel dof en droog te laat voorkom. ’n Droë vel lyk nie net onegalig en saamgetrek op die oppervlak nie, maar dit kan ook lei tot versnelde veroudering op ‘n sellulêre vlak as gevolg van die verlies van jou vel se soepelheid. Ré Activer is ‘n uitsonderlike dag en nag bevogtiger wat spesifiek geformuleer is vir die onvergeeflike Afrika-klimaat. Dit bevat natuurlike aalwynsap, asook ‘n wetenskaplike formulering van gevorderde vel-verrykende bestanddele, soos Hydrolite® 5. Ré Activer bekamp droogheid deur die presiese hoeveelheid vog wat jou tipe vel vereis te absorbeer. Gespesialiseerde teenveroudering agente binne Ré Activer verbeter die vel se kollageen en natuurlike elastisiteit, sodat jou vel uiters gehidreer en sigbaar jonger lyk. Hierdie produk is gegeur met ‘n tikkie natuurlike roosolie wat jou vel net so skoon sal laat ruik soos dit voel.